Title : Digters uit Suid-Afrika
Editor : E. C. Pienaar
Author : Jan F. E. Celliers
C. Louis Leipoldt
Daniel François Malherbe
Totius
Release date
: March 10, 2013 [eBook #42302]
Most recently updated: January 25, 2021
Language : Afrikaans
Credits : Produced by Steffen Haugk
Hierdie bloemlesing was aanvanklik bestem hoofsaaklik vir Nederlandse lesers, en daarom van ’n inleiding in Nederlands en ’n verklarende woordelys voorsien. As sodanig is dit sedert sy eerste verskyning in 1917 tweemaal herdruk geword.
Aangesien die bundel egter van die aanvang af in Suid-Afrika veel meer aftrek gevind het dan elders, en ons letterkundige produksie sedert die tyd sodanig toegeneem het dat die bundel in sy oorspronklike vorm geen juiste beeld meer vertoon van die teenswoordige stand van ons Afrikaanse verskuns nie, het ek dit wenselik geag om die vierde druk nie alleen te hersien en aan te vul nie, maar dit ook ’n suiwer Afrikaanse stempel te verleen. Daarom val die oorspronklike inleiding en woordverklaring hier weg, en word verder al wat Nederlands was deur Afrikaans vervang.
Sedert die tyd het daar ook van my hand ’n breedvoerige studie verskyn oor die „Taal en Poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging”, waarom ek dit oorbodig beskou om hier ’n nuwe inleiding by te voeg.
Hierdie vierde druk is dus meer dan ’n blote herdruk, nie alleen omdat dit ’n uitgebreider en meer oorsigtelike keuse bevat as die vorige drie nie, maar ook omdat die oorspronklike keuse hier en daar gewysig is volgens latere insigte.
Verder word bo aan iedere bladsy die naam van die bundel vermeld, waaraan die gedigte ontleen is. Die spelling is konsekwent gemoderniseer-met ’n apologie aan die digters wat nog hulle eie spelling volg!
Ek vertrou dat die bundel in sy nuwe vorm nog beter aan sy doel sal beantwoord as voorheen.
Die Saamsteller.
Stellenbosch,
Okt. 1921.
Gebore 1865 op Wellington. In 1874 met die ossewa na Pretoria, waar sy vader oprigter en eerste redakteur geword het van „De Volkstem”. Studie op Pretoria, Stellenbosch, Wellington en Delft (1887-1890). Landmeter, later staatsbibliotekaris op Pretoria (1894-99). Op kommande tot die end. Na die Engelse oorlog met gesin na Europa-letterkundige studie. In 1907 terug na Suid-Afrika. Medeoprigter van „Die Brandwag”-taalpropaganda. Werksaam aan die Dept. van Binnel. Sake, Pretoria. Sedert 1918 buitengewone Professor op Stellenbosch.
Bls. | |
Die Vlakte
|
1 |
Die Ossewa
|
4 |
Trou
|
5 |
Die Laaste Aand
|
6 |
Die Brand
|
8 |
Die Kampsuster
|
11 |
Dis al
|
12 |
Afrikaner-troos
|
13 |
Klein Ondeug
|
14 |
’n Snaakse Vryery
|
15 |
Die Murasie
|
19 |
Aardgeeste
|
20 |
Dingaansdag
|
22 |
Stille werkers
|
24 |
Wag-hondjies
|
24 |
President Steyn
|
25 |
Komaan!
|
26 |
Ma en Pietjie
|
27 |
Gebore 1877 in die Pêrel. Seun van Ds. S. J. du TOIT, die vader van die „Eerste Afrikaanse-Taalbeweging”. Studie in Daljosafat (Hugenote Gedenkskool), Burgersdorp en Amsterdam. Na sy terugkeer predikant op Potchefstroom (1903) en sedert 1911 Professor aan die Teologiese Skool aldaar.
Bls. | |
Die lied van die ossewa
|
28 |
Vergewe en Vergeet
|
30 |
Die Os
|
31 |
Moselekatse
|
32 |
Die drie Kindertjies
|
35 |
Vegkop
|
36 |
Repos Ailleurs
|
37 |
’n Sprokie
|
38 |
Dit is Nag
|
39 |
Daar ruis ’n Lied
|
40 |
Stof
|
41 |
Die Sterretjie
|
43 |
Die oue Put
|
44 |
Oggendstond op ’n Boereplaas
|
46 |
Perdekraal-laer
|
48 |
Die Vierkleur is weer in gevaar
|
50 |
Gebore 1880 op Worcester. Sy vader predikant op Clanwilliam, waar LEIPOLDT sy kinderjare deurgebring het. Sedert 1897 medewerker aan „Het Dagblad”, later aan „The South African News”. Oorlogskorrespondent van verskillende buitelandse blaaie gedurende die Engelse oorlog. Studie in die medisyne in Londen (1902-07). Na groot reise deur Europa, Amerika, Wes- en Oos-Indië as medikus gevestig in Londen. In 1914 terug na Suid- Afrika en sedert die tyd mediese skool-inspekteur in Transvaal.
Bls. | |
Slampamperliedjie
|
52 |
Oktobermaand
|
52 |
In Amsterdam
|
55 |
In die Konsentrasiekamp
|
58 |
Aan ’n Seepkissie
|
59 |
Die ou Blikkie
|
61 |
Japie
|
64 |
Die Verkleurmannetjie
|
65 |
Die Voortrekker se vaarwel
|
66 |
Die Vlakte
|
67 |
By Bloukrans
|
68 |
Wolraad Woltemade
|
69 |
Op my ou Ramkietjie
|
72 |
Insulinde
|
73 |
Aan Multatuli
|
73 |
Die Beste
|
74 |
Gebore 1881 in Daljosafat (Pêrel). Skoolmaat van Totius op die Hugenote Gedenkskool. Studie in die Lettere op Stellenbosch, daarna in Freiburg (Duitsland). Na sy terugkeer onderwyser op Carnarvon-taalpropaganda. Sedert 1918 Professor in Afrikaans aan die Grey Universiteitskollege op Bloemfontein.
Bls. | |
Die Lied van die Nagwind
|
76 |
Awendblik
|
77 |
Na die Droogte
|
77 |
Die Roosknoppie
|
80 |
O Lande vol Graan
|
81 |
Die See is vol van Ewigheid
|
82 |
Slaap
|
83 |
Gebore 1874 op Murraysburg. Onderwyser. Sedert 1905 prokureur-notaris op Middelburg (Transvaal).
Bls. | |
Die Trek Drakensberg af
|
84 |
Dingaan se Gesante doen rapport aan hom
|
85 |
Op die Laers aanswerwende Soeloe-hordes
|
86 |
Moeders Skat
|
87 |
Lente-oggend
|
88 |
Donderweer
|
90 |
Dageraad
|
91 |
Advokaat-joernalis op Oudtshoorn. Later lid van die Kaapse Provinsiale Raad, waar hy in 1914 die erkenning van Afrikaans as voertaal by die laer en middelbaar onderwys bewerkstellig het. Daarna lid van die Volksraad en tans van die Senaat.
Bls. | |
My onherroeplike Kinderdae
|
92 |
Besit en Gebruik
|
93 |
My eie-ek
|
93 |
Laster huldig, Roem beskuldig
|
94 |
Die Mot en die Kers
|
94 |
Aan die Renegaat
|
95 |
Die Openbaring van die Waarheid
|
95 |
Liefde’s onsin
|
96 |
Die Stem van Suid-Afrika
|
98 |
Advokaat-joernalis op Pretoria. Een van die voorlopers van die nuwe Taalbeweging.
Bls. | |
Klaas Vakie
|
100 |
Winternag
|
102 |
Gebore 1888 op Alice. Studie in Kaapstad en Amsterdam. In 1918 bevorder tot arts. Sedert 1920 as geneesheer gevestig op Senekal.
Bls. | |
Amsterdam
|
103 |
Kinderlied
|
104 |
As saans
|
104 |
Awendmymering
|
105 |
Bekoorlik Kind
|
107 |
Probleem
|
107 |
Sneeu
|
108 |
Muskiete-jag
|
109 |
Slagvaardig
|
110 |
Dingaansdag
|
111 |
Die twee Boodskappers
|
112 |
Maar één Suid-Afrika
|
115 |
Gebore 1892 op Middelburg (Transvaal). Sedert 1910 student in die medisyne in Amsterdam. In 1918 bevorder tot arts. Daarna as geneesheer gevestig op Lydenburg.
Bls. | |
See-sonnet
|
116 |
Bergtoppe
|
117 |
Op die Toring
|
118 |
Nag
|
119 |
Kennis en Gevoel
|
120 |
Diepte
|
121 |
Stille Vriende
|
122 |
Middaguur
|
123 |
Aandliedjie
|
124 |
Die Windjie
|
125 |
Aan Holland
|
127 |
Op die Dood van President STEYN
|
128 |
Die Slag by Bloedrivier
|
129 |
Gebore 1889. Studie op Stellenbosch en in Londen. In 1913 bevorder tot advokaat. Daarna onder-redakteur van „De Burger”. In 1920 Professor in Romeins-Hollandse Reg aan die Stellenbosse Universiteit. Sedert 1921 as advokaat gevestig in Kaapstad.
Bls. | |
Ouboeta
|
132 |
Op Knysna-strand
|
133 |
Soos die Windjie wat suis
|
134 |
Gebore 1894 op Heidelberg (Transvaal). Studie op Ermelo en aan die T. U. K. (1914-16). Tans as advokaat gevestig op Windhoek (Suidwes-Afrika).
Bls. | |
Rit-rympie
|
135 |
Wie in Glaashuise woon
|
137 |
„’n Speeltoneel”
|
138 |
In die Hoveld
|
139 |
Sondag-môre
|
140 |
Die Verhuising van CUPIDO
|
141 |
Gebore 1895 op Johannesburg. Studie aldaar en aan die T.U. K., waar hy in 1919 die M. A.-graad behaal het in Ned. Lettere. Verdere studie in Amsterdam, waar hy in 1921 Doktoraal-eksamen in Filosofie afgelê het.
Bls. | |
Die Koket
|
142 |
Lenteliedjie
|
143 |
’n Simpel Liedjie
|
143 |
Aan Generaal DE LA REY
|
144 |
Die Dood van die Ossewa
|
145 |
Heimwee
|
147 |
DIE VLAKTE.Ek slaap in die rus van die eeue gesus, ongesien, ongehoord, en dof en loom in my sonnedroom, ongewek, ongestoord. Tot die yl-bloue bande van die ver-verre rande skuif my breedte uit, wyd-kringend aan die puur al-omwelwend asuur wat my swyend omsluit. Jong aarde se stoot het my boesem ontbloot bo die diep van die meer; en volswanger van lewe ’t oor waat’re geswewe die gees van die Heer. Uit die woelende nag van haar jeugdige krag brag die aarde voort Lewiátans-geslagte, geweldig van kragte— storm-ontruk aan haar skoot. Diep in my gesteente berg ek hul gebeente— die geheim van hul lewe en lot; maar gewek uit die sode herleef uit die dode, na die ewig hernuwingsgebod, die stof van d’ verlede in vorme van d’ hede, in eindeloos kome en gaan; wat die dood my vertrou ’t, ek bewaar dit as goud, en geen grein sal ’k verlore laat gaan. As die son oor my vloer in die môre kom loer en die dou van my lippe kus, dan kyk ek net stom met ’n glimlag om en lê maar weer stil in my rus. Hoog bowe die kim op sy troon geklim, is hy heer van lewe en dood; na wil en luim geef hy, skraal of ruim, verderf of lewensbrood. Uit gloeiende sfeer brand hy wreed op my neer tot my naaktheid kraak en skroei, en my koorsige asem in béwende wasem al hygend my bors ontvloei. In sy skadetjie rond-om sy stam op die grond staat ’n eensame doringboom, soos die Stilte op haar troon, met dorings gekroon, wat roerloos die eeue verdroom. Geen drop vir die dors aan my stofdroë bors: my kinders[1] versmag en beswyk, en die stowwe staan soos hul trek en gaan om my skrale dis te ontwyk. Soos ’n vlokkie skuim uit die sfere se ruim kom ’n wolkie aangesweef, maar hy groei in die blou tot ’n stapelbou van marmer wat krul en leef— kolossaal monument op sy swart fondament, waar die bliksem in brul en beef. En o, met my is die windjies bly: hul spring uit die stof orent, en wals en draai in dwarrelswaai oor my vloer, van end tot end; die gras skud hul wakker om same te jakker tot hy opspring uit sy kooi, en soos mane en sterde van jaende perde sy stengels golf en gooi. Met dof-sware plof, soos koeëls in die stof, kom die eerste druppels neer, tot dit ruis alom so deur die gebrom en gekraak van die donderweer. Met kloue vooruit om te gryp en buit jaag ’n haelwolk langs verby, soos ’n perde-kommande wat dreun oor die lande vertrap en gésel hy— en sy lyke-kleed sien ek ver en breed in die awendson gesprei. Stil in die duister lê ’k so en luister hoe die spruite gesels en lag; maar bowe die pak van my wolkedak het die maan al lank gewag: nou breek en skeur hy ’n baan daardeur om te deel in my vreug benede; hy sprei die waas van sy romig-blou gaas— en ek lag so stil-tevrede. Plek op plek, soos die wolke trek, sweef die skaduwees onder mee, soos eilande wyd oor die waat’re verspreid op die boesem van die grote see. Met ’n afskeidskus gaat die maan ook ter rus en ek wag op die daeraad— so skoon en so mooi soos ’n fris jong nooi wat lag in haar bruidsgewaad. Oor die bulte se rug slaat die gloed in die lug van brande wat ver-weg kwyn, en doringbome fluister in die rooi skemerduister van gevare wat kom of verdwyn. Uit slote en plas, uit die geurende gras, styg ’n danklied op ten hemel; en dis net of ek hoor hoe die kriekies se koor weergalm uit die sterre-gewemel, waar wêrelde gaan op hul stille baan tot die ende van ruimte en tyd. So, groots en klaar, staat Gods tempel daar, wyd—in sy majesteit. |
[1] Die wilde bokke, wat in klompe wegtrek by groot droogte.
DIE OSSEWA.Die osse stap aan deur die stowwe, geduldig, gedienstig, gedwee; die jukke, al drukkend hul skowwe— hul dra dit getroos en tevree. En stille, al stuiwend en stampend, kom stadig die wa agterna— die dowwe rooi stowwe, al dampend, tersy op die windjie gedra. Die middagson brand op die koppe, gebuk in hul beurende krag; hul swaai heen en weer in die stroppe— en ver is die tog van die dag. Dit kraak deur die brekende brokke: die opdraans is ver en is swaar; dit knars in die knakkende knokke, maar hul beur, en die vrag bring hul daar. So, stom tot die stond van hul sterwe, blyf ieder ’n held van die daad— Hul bene, na swoege en swerwe, lê ver op die velde verlaat..... TROU.Ek hou van ’n man wat sy man kan staan; ek hou van ’n arm wat ’n slag kan slaan, ’n oog wat nie wyk, wat ’n bars kan kyk; en ’n wil wat so vas soos ’n klipsteen staan! Vas soos ’n berg van grou graniet op vaderlands-grond, sy hartsgebied, aan haar getrou soos aan kind en vrou, en wat in haar ere ook syne siet. Ek hou van ’n man wat sy moeder eer in die taal uit haar vrome mond geleer, en die bastergeslag in sy siel verag wat, haar verstotend, hulself kleineer. Die oog wil ek sien wat ’n traan nog ween vir ’n heldegeslag, in hul rus daarheen, maar ’n blits van trou in die traan van rou, wat aan liefde weer gee, wat haar bron is ontleen. Vir my d’ Afrikaner van durf en daad, wat Mammon’s eer en loon versmaad, sy hoof en sy hand vir sy volk en sy land en ’n trap van sy voet vir laag verraad! O, ek hou van ’n man wat sy man kan staan; ek hou van ’n daad wat soos donder slaan, ’n oog wat nie wyk wat ’n bars kan kyk; en ’n wil wat so vas soos ’n klipsteen staan! DIE LAASTE AAND.Nog nie na bed! Wat ’n pret, wat ’n pret, met jurkies aan en voetjies bloot so met Pappie te rol en stoei en stoot! Ja, laat mag hul speel, het Mammie gesê, voor Pa hul vanaand in hul bedjie sal lê. Maar, verleë soek Breggie by Mammetjie skuil, vra soetjies aan haar waarom Paatjie tog huil? Nog nooit by hul speul’tjies het hy dit gedoen— en so dikwels tot selfs die klein voetjies gesoen. * * * Wyd oor huis en velde rus al lang die nag as so by die bedjies twee nog bid en wag, wakend tot die môre— wrede skeidings-dag. „Vader in U hoede lê ons hulle neer, gee ons eendag, Vader, aan mekander weer. Wil, Vader, oor ons huisie waak, dat leed nog honger dit genaak.” Droom-verlore dotjies, rustend naas mekaar, hoor gebed nog klae, weet van geen gevaar, met één troos tevrede: moeder is nog daar, om die ogies moeg en vaak met haar soentjies toe te maak. En na ’n diepe suggie gaan die borsies teer so in stille sluimer stadig op en neer; handjies sag en roserooi bo die hofies opgegooi— reine handjies, sonde-leeg, handjies waar geen las op weeg. DIE BRAND.Dit is die winterwind wat waai, al wenend deur die lange nag, al wenend om die verre dag; die twye swenk, die takke swaai— dit is die winterwind wat waai. Hy sleep die sug van eeue mee uit dieptes van die diepe see, en waar vergane skepe rus op menig maan-gebleekte kus; hy sing van lang vergete wee,— hy bring die sug van eeue mee. Hy kom oor velde ver en wyd, oor grafte in hul eensaamheid, waar moeders van hul sorge rus, waar kindersnikkies is gesus— dit is die lied van d’eensaamheid, hy kom oor velde ver en wyd. * * * „My ma, ek hoor van verre om ’n dreuning oor die velde kom!” „Dit is die bome in die wind, die wilgertakke kreun, my kind.” „My ma, ek hoor my brakkie huil, wat sou daar kruip, wat sou daar skuil?” „My kind, die nag is koud en lang, die diertjie is alleen en bang.” „My ma, dit dreun al in die rond soos perdehoewe op die grond; my ma, wat lig daar soos ’n vuur van buite op die kamer-muur? My ma, daar brand die koring-miet!”— „My kind, die Heer Se wil geskied!” * * * Is daar ’n beul so woes en wreed wat manne-eer en plig vergeet, met onskuld en met swakheid lag en uitdryf in die winternag? Is daar ’n hand wat nie ontsiet die liefste wat Gods aarde bied, die skoonste gawe uit Gods hand— die vaderhuis in die vaderland? Dis heilig grond, dis heilig grond, die plekkie waar ’n wiegie stond en waar ’n jonge moeder bly haar kindjie se eerste skrede lei; waar sy die lippies, jong en teer, hul eerst’ gebedjie het geleer, en waar sy lange nagte vaak vol angs en kommer het gewaak. ’n Stille vrede dra die plek waar, om die witte tafel-dek, die etens-ure so om haar die blonde koppies het vergaar. En uit herinn’rings bly verlee, vergange dae se soete wee, berg elke hoekie so sy deel; O wee, wie ’n hart die skat ontsteel! * * * Daar staat ’n moeder met haar kind allenig in die winterwind— en niemand wat haar trane siet, en niemand wat haar trooste bied. En wilde vlamme strooi dit wyd, die vrug van lange lewensvlyt— in vonke deur die lug gesaai, in vonke wat die wind verwaai. Haar kindjie aan haar bors gevou beskut sy teen die winterkou— die trane wat sy swyend ween, so op haar wang tot ys versteen. En winterwinde sing die lied van eensaamheid en stil verdriet; en sonder weerklank sterf die klag op wye velde in die nag, al sugtend deur die gras se saad— en verre is die daeraad. Die twyge swenk, die takke swaai, dit is die winterwind wat waai.... DIE KAMPSUSTER.Suster Anna, ek voel dis die dood wat kom: slaat ope die tentdoek, na buitekant om, dat my oë vry oor die bulte gaan— Suster Anna, ek hoor ’n kerkklok slaan. Ek hoor hoe die kindertjies roep vir my; van ons klompie moes ek nog die laaste bly. Kom neem tog my hand, soos jy dikwels doet— ag, altyd was Suster vir ons so goed. My man, hy lê ver langs Toegela-stroom af, en niemand weet waar of hy rus in sy graf; ag Suster, en neem nou die Heer nog vir my, dan is Pieter allenig nog owergebly. Ek weet hy bly staan met sy roer in sy hand— ja, trou tot die dood, vir sy volk en sy land; en mog dit so wees dat die Heer hom behoed, so bring hom tog, Suster, sy moeder haar groet. En sê vir hom, selfs op die donkere rand het jy vrese nog bewing gevoel aan haar hand; en dit was haar troos, dat haar Pieter sal hou aan sy God en sy land, aan sy ere en trou. Die kindertjies, Breggie en Japie en Faan, het Suster die een ná die ander sien gaan; en jy sê daar ’s ’n plekkie vir my nog gebly, waar moeder kan rus aan klein Fanie se sy. Die ou huis se murasie staat swart en ontbloot, waar almal so saam was om moeder haar skoot; maar ver van die huis en verstrooi deur die land, rus almal tog saam in die Here se hand. Oor die velde kruip saggies die awend se grou; maar Suster, ek sien nog die hemel se blou. Daar rol ’n gedreun oor die bulte aan— Suster Anna,—ek hoor ’n kerkklok slaan!... DIS AL.Dis die blond, dis die blou: dis die veld, dis die lug; en ’n voël draai bowe in éensame vlug— dis al. Dis ’n balling, gekom oor die oseaan, dis ’n graf in die gras, dis ’n vallende traan— dis al.
AFRIKANER-TROOS.
|
[2] Pres. STEYN is deur ’n beroerte getref, terwyl hy besig was om ’n kongres van die „Oranje-Vrouevereniging” op Bloemfontein toe te spreek. Hy is begrawe aan die voet van die Vrouemonument, wat deur hom tot stand gekom het.
KOMAAN!Wees sterk! Daar ’s ’n nasie te lei, daar ’s ’n stryd te stry, daar ’s werk! Daar ’s nie na guns of eer te kyk, daar ’s nie na links of regs te wyk, daar ’s net te swyg en aan te stryk— Komaan! Wees trou! Daar ’s ’n volk te leer om homself te eer, te bou; om God, om God alleen te vrees, aan aard en taal getrou te wees, gesond en waar van hart en gees— Komaan! Wees fier op ’n voorgeslag waard in wil en daad gespier! Hul lewensweg het ons gewys om trou te wees aan waarheids eis. Wie laak mag laak, wie prys mag prys— Komaan! MA EN PIETJIE.Dis moeder Makou en haar kleine Piet. As jy nader kom, dat sy dit siet, dan lig sy haar kop en kyk vir jou asof sy vra: „Wat is dit nou? Wil jy Pietjie hê, wil jy Pietjie steel— my liewe klein bolletjie goud-ferweel?” En sy sê met haar omdraai en skuddend haar stert: „Nee, die hele wêreld is Pietjie nie werd! Kom, ons loop.” En hy volg haar in trippeldraf klein op sy sagte voetjies van geel satyn. As sy waak, sit hy slaap, onbewus van haar angs, of hy trippel rond op ’n goggatjies-vangs, pik mis en te laat na ’n motjie wat vlug, en struikel onhandig en val op sy rug. Die wêreld daarbuite mag staan of mag val, ons erf is, vir Pietjie en Ma, die heelal, want Ma het vir Pietjie en Piet het vir Ma,— daar ’s niks wat hul meer van hul daggie vra dan, totdat hul daggie word opgesê, net lief te hê, net lief te hê.
TOTIUS
|
[3] By die Liebenbergs-moord is drie Boerekinders deur Moselekatse se kaffers meegevoer. Potgieter het later ’n vergeefse poging gedoen om hulle terug te vind.
VEGKOP. [4]Bleek blink die seile vèr teen die hang, swart kom die kaffers met driftige drang, bewend omhoog rys gebed en gesang— o so bang! Donkre gevaartes dondrend temet, blitsende flitse van pyle gewet, borend na bowe die skietgebed: Here red! Hoor die gebruis teen die wawiel aan! Hoor die geklots oor die seile slaan! Sug van vertwyfling die boesem ontgaan: Heer, dis gedaan! * * * Vas lê die roer in die trekker se hand, fluks hou sy vrou aan sy syde stand, weg vlug Kalipi weer na sy land— vêr oor die rand! Swart lê die kaffers: blom van die heir; „Samel by hope die vyand se speer! God het geseen man en geweer! Sink dan terneer! Hom sy die eer!” |
[4] In Oktober 1836 het SAREL CILLIERS met 40 man ’n aanval van 5000 Matabeles op die treklaer by Vegkop (Vrystaat) afgeslaan.
REPOS AILLEURS.
|
[5] Geweer.
Transcriber’s notes:
§ Archaic spelling has been retained. If in doubt, no correction has been made. This is especially true for accents, e.g. één versus èèn versus éen .
§ Spellings, of which it is assumed that they were not intended by the authors or editors, have been put right.
page | original | correction |
---|---|---|
51 | onverwrikbre | onverwrikb're |
73 | Saidjahs | Saidjah’s |